Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Here is my herder " deur EVERWYN WESSELS
" Die Here is my herder " deur EVERWYN WESSELS [boodskap #87245] Di, 18 November 2003 02:46
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Everwyn Wessels

Die Here is my herder

Die Here is my herder,
die paplam oppaster,
my Ooslandse, Kannalandse bruinmanskawagter;
hul dra die knopknie papte, lamtyd
amlewe in knop-beenarms ru-saf,
of bladsak, kop-en-pote-blêr-uithang,
oor skurwe kaiingbulte op en af
as jakkals bruintyd hakskeen-naby
kwylbek-honger tjank-huil-uitbars-lag,
en jakkalshonde snuif-snuif, blaas-snuif
op stinkvars doodspoor snuffelsnuf,
pootklap kêf-kêf beueldraai-blaf.
Vorige onderwerp: " Die dans van die reën " deur EUGÈNE MARAIS
Volgende onderwerp: " Sproeireën " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 00:17:53 MGT 2024